Louise dien tans as PR-raadslid vir die VF Plus in die Govan Mbeki-munisipaliteit.
Sy glo onvoorwaardelik in politiek wat mense eerste stel en streef na ’n plaaslike regering gegrond op diensbaarheid, verantwoordbaarheid, aanspreeklikheid en onwrikbare integriteit.
Met ‘n vasberade benadering, volharding en duidelike fokus, werk Louise onvermoeid om druk op die owerhede te plaas waar nodig.
Sy is verbind daartoe om op alle vlakke vir inwoners te veg om tasbare verandering, betroubare dienslewering en ’n beter toekoms vir die hele gemeenskap te verseker.