Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus
Lauriza Zeelie, VF Plus candidate

Lauriza Zeelie

Province: Northern Cape
Municipality: Dikgatlong

Wards: 1

Lauriza Zeelie (37) het in Krugersdorp grootgeword, in ’n Christelike omgewing waar geloof, diensbaarheid, verantwoordelikheid en omgee belangrik was. Haar administratiewe- en tegnologiese vaardighede is uitstekend en sy kon haar professionele verantwoordelikhede suksesvol met haar rol as moeder balanseer. In Windsorton staan sy haar ouers en die Primêre Gesondheidsorgkliniek met haar administratiewe vaardighede by. Haar passie vir gemeenskapsdiens het haar na die VF Plus gelei. Lauriza wil dienslewering verbeter, verantwoordbaarheid bevorder en ’n sterk stem vir Dikgatlong se mense wees. Sy luister, dien en tree op.

“Ek staan vir ’n gemeenskap waar elke stem gehoor word, dienslewering ernstig opgeneem en verteenwoordigers aanspreeklik gehou word. Met my sterk waardes, administratiewe en tegnologiese vaardighede en opregte omgee vir mense, is ek gereed om tot diens van Dikgatlong te wees. Ek glo in diensbaarheid, verantwoordbaarheid, doeltreffendheid, betrokkenheid en integriteit. Ek wil nie net namens die gemeenskap praat nie, maar saam met inwoners werk om probleme aan te spreek en oplossings te vind. Stem vir ’n kandidaat wat luister, dien en optree, stem vir my. Saam maak ons ’n verskil.”

- Lauriza Zeelie

ELECTION IN

Days
Hours
Minutes
Seconds
Watch this space for the results of the recent election.

SPECIAL VOTES

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.