Lambertus Mans is die VF Plus-kandidaat vir Wyk 4 in Laingsburg en het diep wortels in die Karoo. Hy is ’n gekwalifiseerde ambagsman en het deur die jare verskeie leiersposisies in die landboubedryf beklee. Sy betrokkenheid by die sektor het hom ’n goeie begrip van die uitdagings van landelike gemeenskappe, boere en werkers gegee. Lambertus het hom ook tydens die droogtejare beywer vir droogtehulp aan boere en gemeenskappe.