Ken is ’n sittende VF Plus raadslid in Mbombela, waar hy dien as koukusleier en sweep.
Hy is ook leier van die Laeveld streek en lid van die provinsiale uitvoerende komitee.
As voormalige parlementslid en skadu adjunkminister van landelike ontwikkeling en grondhervorming bring hy jare se nasionale en provinsiale ervaring na die plaaslike vlak.
Hy was voorheen provinsiale bestuurder en provinsiale adjunkvoorsitter van die party in Mpumalanga.
Tans staan hy as wykskandidaat vir Wyk 1 in Hazyview met ’n fokus op werklike dienslewering, skoon administrasie en plaaslike ontwikkeling.