“Ek is ’n plaasvrou, ma, boer en iemand wat glo dat ’n mens nie net kan sit en wag dat iemand anders probleme moet oplos nie. Ek ken die werklikheid van ’n plattelandse gemeenskap, veral die verwaarloosde en selfs gevaarlike toestand van paaie, en weet dat elke dag se uitdagings nie met mooi beloftes verdwyn nie. Ek is nie bang vir harde werk nie. Ek is bereid om te luister, te leer, vrae te vra en verantwoordelikheid te neem en wil saam met my gemeenskap praktiese oplossings soek.”