Ek wil die inwoners van Danabaai se belange verantwoordelik in die munisipale raad verteenwoordig. Ek staan vir billike grondbelasting, die aanspreek van onwettige heffings en munisipale rekeninge, asook behoorlike dienslewering. Ek sal inwoners se probleme by die betrokke owerhede aanmeld, die raad se prestasie monitor en munisipale amptenare aanspreeklik hou. Vir my is goeie verteenwoordiging nie net om probleme aan te meld nie, maar ook om terugvoering te gee en seker te maak dat inwoners weet wat met hul klagtes gebeur.