Joe woon reeds 30 jaar in Eloff, Sundra en Delmas en is diep gewortel in die gemeenskap.
Sy lewe en werk word gedra deur geloof, diensbaarheid en gemeenskapsbetrokkenheid.
Die afgelope vyf jaar is hy aktief as gemeenskaps- en politieke aktivis, waar hy hom beywer vir beter dienslewering.
Joe glo in verantwoordbare en deursigtige plaaslike regering, en dat elke inwoner se stem gehoor moet word.
Met sy ervaring, kennis en hart vir mense wil hy praktiese oplossings bevorder en help bou aan ’n beter toekoms vir die gemeenskap.