Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus
Jackie Grobler, VF Plus candidate

Jackie Grobler

Province: Mpumalanga
Municipality: Steve Tshwete

Wards: 6

Jaqueline is in Middelburg gebore en het haar matriek daar voltooi.

Sy het waardevolle werkservaring in die polisiediens opgedoen en is tans werksaam as beskermingsdiens-administrateur.

Jaqueline is passievol daaroor om met mense te werk en ’n positiewe verskil in haar gemeenskap te maak.

Sy is aktief betrokke by gemeenskapsinisiatiewe, onder meer sigbaarheids- en skoonmaakaksies.

Haar jare lange diens aan mense en haar betrokkenheid by die gemeenskap het haar ’n sterk verantwoordelikheidsin en ’n diep begrip vir die behoeftes van inwoners gegee.

“Ek glo dat elke gemeenskap beter kan funksioneer wanneer mense bereid is om verantwoordelikheid te aanvaar en saam te werk.

Ek het ’n passie om met mense te werk en wil my ervaring en kennis gebruik om my gemeenskap te ondersteun.

Deur sigbaarheids- en skoonmaakaksies probeer ek reeds ’n praktiese verskil te maak.

Ek wil na mense luister, hul bekommernisse verstaan en help om oplossings te vind.

Vir my gaan dienslewering oor sigbaarheid, betrokkenheid, respek en die bereidwilligheid om altyd ’n helpende hand uit te reik.”

- Jackie Grobler

ELECTION IN

Days
Hours
Minutes
Seconds
Watch this space for the results of the recent election.

SPECIAL VOTES

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.