Hyletta Naudé, VF Plus-kandidaat vir Wyk 25 in Fetagkomo Tubatse, woon al 20 jaar in die area. Sy bring uitgebreide ervaring in menslike hulpbronne, arbeidsverhoudinge en administrasie, wat sy ook toepas as Veiligheidsadministrateur by Black Chrome Mine. Sy het drie jaar op die Regskomitee gedien (2023–2026) en is ondervoorsitter van die Burgersfort-tak. Sy glo ware volharding beteken om selfs op swaar paaie weer op te staan. Sy staan vas vir praktiese dienslewering, veiligheid, aanspreeklikheid en meetbare resultate vir haar hele gemeenskap.