Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus
Grizeldi de Vries, VF Plus candidate

Grizeldi de Vries

Province: Western Cape
Municipality: Mossel Bay

Wards: 16

Grizeldi de Vries is al tien jaar ’n trotse inwoner van Groot-Brakrivier en is ook ’n kleinsake-eienares. Sy ken die groei, uitdagings en potensiaal van Wyk 16 uit eie ervaring en het besluit om haar gemeenskap as VF Plus-kandidaat te dien. Grizeldi glo in toeganklike, verantwoordelike en deursigtige plaaslike regering wat na inwoners luister. Met haar Christelike waardes, integriteit en toewyding wil sy ’n praktiese verskil in die gemeenskap maak.

Ek wil ’n toeganklike en verantwoordelike stem vir die inwoners van Wyk 16 wees. Ek staan vir deursigtige bestuur, gereelde kommunikasie en verantwoordelike besteding van belastingbetalers se geld. Die groei van Groot-Brakrivier moet verantwoordelik bestuur word en gemeenskapshulpbronne moet tot voordeel van inwoners aangewend word. Ek glo verandering begin by mense wat omgee en bereid is om te dien. Met integriteit, toewyding en ’n hart vir my gemeenskap wil ek saam met inwoners ’n tasbare verskil maak.

- Grizeldi de Vries

ELECTION IN

Days
Hours
Minutes
Seconds
Watch this space for the results of the recent election.

SPECIAL VOTES

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.