Frik is ’n gevestigde gemeenskapsleier wat al 33 jaar in Thabazimbi woon.
Sy politieke betrokkenheid het in 1994 as Vryheidsfront-aktivis begin. Hy was van 2010 tot 2019 lid van die Thabazimbi-belastingbetalersvereniging en dien sedert 2019 as PR-raadslid vir die VF Plus. Hy dien as voorsitter van die openbare rekeningekomitee (MPAC) en die party se provinsiale raad.
Frik is aktief in die gemeenskap as voorsitter van die kerkraad se eiendomskommissie en trustee van die plaaslike aftree-oord.
Sy passie is om inwoners met munisipale probleme te help en basiese dienslewering te verseker.