Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus
Fanie Fourie, VF Plus candidate

Fanie Fourie

Province: Mpumalanga
Municipality: Emalahleni

Wards: 13-14, 33

Fanie bring ‘n sterk rekord van IT, munisipale bestuur en gemeenskapsdiens na die tafel.

Na sy weermagdiens het hy as programmeerder, stelseladministrateur en databasisadministrateur by verskeie instansies en die Witbank-stadsraad gewerk.

Hy beskik oor kwalifikasies in projek-, risiko- en bestuurskunde, asook Cisco-netwerksertifiserings (CCNA/CCNP), en het jare se IT-netwerk- en sekuriteitservaring by Exxaro opgebou.

Gekwalifiseer by SASACC staan Fanie gereed om sy uitgebreide bestuurs- en tegniese ervaring as VF Plus-kandidaat in te span vir doeltreffende dienslewering.

“Ek glo daarin om oop te wees vir enige uitdaging en probleme sáám met mense op te los.

Bring jou idees na die tafel, dan vind ons ’n werkbare antwoord.

Ons fokus moet nie op die struikelblokke wees nie, maar op die oplossings.

Ek glo ook dat daar iets goeds in elke mens is waaruit ons kan leer. Só werk ons saam om ’n beter, sterker gemeenskap te bou.”

- Fanie Fourie

ELECTION IN

Days
Hours
Minutes
Seconds
Watch this space for the results of the recent election.

SPECIAL VOTES

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.