Elita is ’n toegewyde raadslid, sakevrou en entrepreneur met vyf jaar se ervaring in diens van die Mogalakwena-gemeenskap. As ’n VF Plus-raadslid fokus sy op die aanspreek van inwoners se bekommernisse en praktiese munisipale uitdagings, insluitend onwettige storting, slaggate, asook water- en elektrisiteitskoste. Haar sake-ervaring gee haar insig in die druk wat plaaslike ondernemings ervaar en die belangrikheid van ’n gesonde plaaslike ekonomie. Sy is ook betrokke by ondersteuning van die plaaslike DBV. As ma van drie waardeer Elita familie, verantwoordelikheid, harde werk en praktiese probleemoplossing.