Elardus Jacobsz is reeds nege jaar ’n aktiewe en bekende lid van die Vaalwater-gemeenskap.
Hy is passievol oor sy dorp en glo daarin om daadwerklik betrokke te raak om probleme op te los. Deur goeie samewerking met die Modimolle-Mookgophong Munisipaliteit en plaaslike inwoners het hy reeds verskeie gemeenskapsuitdagings suksesvol aangespreek.
As VF Plus-kandidaat beywer Elardus hom vir verbeterde dienslewering, verantwoordbare munisipale bestuur en ’n skoon, veilige omgewing. Sy doel is om Vaalwater op te bou tot ’n dorp waarop die hele gemeenskap weer trots kan wees.