Dezi ‘n Breyteniet, het in 2022 by die VF Plus aangesluit as aktiewe lid.
Toe sy sien hoe haar dorp agteruitgaan, het sy besluit om ’n tak in Breyten te stig en staan nou as kandidaat vir die 2026-munisipale verkiesing in Wyk 13 van die Msukwaligwa-plaaslike munisipaliteit.
Saam met haar man, Tinus, bestuur sy sedert 2003 hul eie onderneming, waar sy die administrasie hanteer.
Dezi glo in eerlikheid, opregtheid, morele waardes en werk daaraan om ’n beter toekoms vir haar gemeenskap te bou.