Daniel May is die VF Plus-kandidaat vir Wyk 14, Groot-Brakrivier en Friemersheim. Hy is ’n persoon met sterk waardes en integriteit en het ’n hart vir sy medemens. Daniel wil die omstandighede van inwoners verbeter deur aandag te gee aan dienslewering, gesondheidsfasiliteite en die uitdagings waarmee die gemeenskap daagliks te doen kry.