Cornelia Nagel (51), ’n wykskandidaat vir die Ephraim Mogale Plaaslike Munisipaliteit, is ’n gekwalifiseerde assessor, ervare sakevrou en persoonlike assistent van pastore by World Shakers Church. Sy is tans in haar vierde jaar van leierskapopleiding in die bediening en het ’n groot passie vir gemeenskapsontwikkeling.
Cornelia beywer haar vir eerlike leierskap, aanspreeklikheid en verbeterde kommunikasie tussen inwoners en die munisipaliteit. Gelei deur geloof en integriteit, is sy daartoe verbind om na die gemeenskap te luister, hul behoeftes aan te spreek, gesinne te ondersteun en veiliger, skoner gemeenskappe te bou.