Christo Peyper het dekades se ervaring in plaaslike regering, politiek en gemeenskapsdiens. Hy het in 1982 as onafhanklike raadslid in Krugersdorp begin en later as burgemeester gedien, voordat hy as DA-raadslid en koukusleier in Mogale City betrokke was. Sedert sy aansluiting by die VF Plus het hy as raadslid in Mbombela, federale raad-afgevaardigde en komiteelid gedien. Hy is tans raadslid in Mbombela en Ehlanzeni Distrik en is ook by verskeie burgerlike organisasies betrokke.