Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus
Bernie Kirsten, VF Plus candidate

Bernie Kirsten

Province: Mpumalanga
Municipality: Thaba Chweu

Wards: 11, 14

Bernie het in Pretoria grootgeword en aan Hoërskool Waterkloof gematrikuleer.

Haar veelsydige loopbaan in administrasie en finansies sluit waardevolle internasionale ervaring in, onder meer by die Australiese ambassade en in Engeland se hotelbedryf.

Deur harde werk, selfdissipline en deursettingsvermoë het sy ‘n suksesvolle loopbaan gebou en fokus sy vandag op gemeenskapsdiens.

As ‘n eerlike, objektiewe en praktiese mensemens is sy betrokke by vrywilligerswerk en die bestuur van ‘n plaaslike sorgsentrum.

Bernie is toegewyd om mense in nood te ondersteun en ‘n blywende, tasbare verskil in haar gemeenskap te maak.

“Vir my gaan dit nie oor politiek ter wille van politiek nie.

Dit gaan oor mense, menseregte en om die stem van my gemeenskap te wees.

Ek wil onreg aanspreek, probleme uitwys en help waar ek kan.

Ons gemeenskap word daagliks gekonfronteer met ’n gebrek aan werksgeleenthede, swak paaie en infrastruktuur, én uitdagings met basiese dienslewering.

Ek belowe om my bes te doen om ’n verskil te maak – om inwoners ingelig te hou, gereeld terugvoer te gee en op te volg.”

- Bernie Kirsten

ELECTION IN

Days
Hours
Minutes
Seconds
Watch this space for the results of the recent election.

SPECIAL VOTES

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.