Anton da Silva, jou Vryheidsfront Plus-kandidaat vir Ba-Phalaborwa, is al vyf jaar in die streek woonagtig. Sy agtergrond sluit ervaring as junior stadsraadlid in Krugersdorp, vier jaar in die Weermag, professionele rugby in Europa en tien jaar as boer in Nieu-Seeland in.
Vandag is hy aktief betrokke by gemeenskapsveiligheid en infrastruktuuronderhoud. Anton fokus op goeie dienslewering, spesifiek betroubare krag- en watervoorsiening, rioolstelsels en veilige paaie. Met sy breë kennis en ervaring wil hy help om Ba-Phalaborwa weer tot een van Limpopo se beste dorpe te herbou.