Anna de Beer is oorspronklik van Edenvale, Gauteng, en woon reeds 12 jaar in Lydenburg, Mpumalanga. Met Graad 10 as hoogste skoolkwalifikasie het sy waardevolle ervaring in housekeeping en as oppasser opgedoen. Anna is bekend vir haar betroubaarheid, goeie menseverhoudings en sterk werksetiek. Sy is ’n hardwerkende en omgee-persoon wat graag ander help. Haar jare in Lydenburg het haar ’n besondere begrip van en waardering vir die plaaslike gemeenskap gegee. Sy stel haarself beskikbaar om inwoners te dien en ’n positiewe verskil te maak.