“Ek staan vir ’n veilige, skoon, deursigtige en omgee-Swartland waar dienslewering nie ’n guns is nie, maar ’n reg. Ek wil steeds ’n beskikbare en toeganklike raadslid wees wat na inwoners luister en hul behoeftes eerste stel. Sosiale ontwikkeling is my passie, en ek wil help om uitdagings soos geweld, geslagsgebaseerde geweld, dwelmmisbruik, werkloosheid en behuising aan te spreek. Ek glo my 22 jaar van aktivisme en vyf jaar se ervaring in plaaslike regering gee my die kennis en vasberadenheid om voort te gaan om my gemeenskap te dien.”