Aletta het meer as veertig jaar se werkservaring in uiteenlopende omgewings.
Haar loopbaan sluit posisies by die SAL, Volkskas, BKB en die SAVF in, waar sy waardevolle vaardighede in administrasie, ontvangs, organisasie en mense ondersteuning ontwikkel het.
Sedert 2024 dien sy as bestuurder en kok by Klein Kleuters.
Aletta is bekend vir haar harde werk, verantwoordelikheid en betroubaarheid.
Sy glo in diensbaarheid, respek en om te help waar nodig.
Haar aktiewe betrokkenheid by skole, kerklike aktiwiteite en gemeenskapsinisiatiewe weerspieël haar opregte omgee vir mense.