Albert Hansen is die VF Plus-kandidaat vir Wyk 7 in Montagu. Hy het tussen Robertson en McGregor grootgeword en het as landboukundige by die Langeberg-inmaakfabriek in Ashton gewerk. Ná sy aftrede is hy die eienaar van Technocon in Montagu, waar hy elektroniese herstelwerk doen. Albert is sterk by sy gemeenskap betrokke, veral by die plaaslike ouetehuis, en dien tans op die munisipale raad en as takbestuurder van die VF Plus in Montagu.