Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Munisipale verkiesing 2026

Bertus Mostert, VF Plus candidate

Oor Bertus Mostert

Jacobus Albertus Mostert het in 1983 aan Hoërskool Wesvalia gematrikuleer, ’n BProc-graad aan die PU vir CHO verwerf en sy leerklerkskap in Johannesburg voltooi. Hy boer sedert 1992 in die Ottosdal-distrik. Sy betrokkenheid sluit voorsitterskap van Noordwes se Jongboervereniging, die boerevereniging, Senwes-direksie, skoukomitee, ouetehuisbestuur, gholfkomitee, Junior Rapportryers, studiegroep, kerkraad, rolbalklub en buiteklub in. Hy het as luitenant in die Suid-Afrikaanse Lugmag en majoor in die kommando gedien. Hy bring regskennis, boerderyervaring en gemeenskapsdiens na sy VF Plus-kandidatuur in Tswaing, met Delareyville as fokus.

Bertus Mostert, VF Plus candidate

“Ek wil my regskennis en boerderyervaring gebruik om verantwoordbaarheid in Tswaing te bevorder. Saam met die VF Plus sal ek aandring op beplande instandhouding van waternetwerke en paaie, deeglike toesig oor besteding en gereelde terugvoer. Ek sal inwoners se diensprobleme volhardend opvolg.”

- Bertus Mostert

VERKIESING IN

Dae
Ure
Minute
Sekondes
Hou hierdie spasie dop vir verkiesingsuitslae.
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.