“Ek glo ware gemeenskapsdiens beteken om daar te wees wanneer mense jou nodig het. My passie is om kinders, bejaardes en gesinne in nood te ondersteun en inwoners te help wanneer water, krag, riool of ander diensleweringsprobleme opduik. Ek wil ’n stem wees vir mense wat soms voel hulle word nie gehoor nie. Met eerlikheid, betroubaarheid en toewyding wil ek aanhou om ’n positiewe verskil in Hendrina te maak.”