Elroy is ’n ervare politikus wat reeds 10 jaar as VF Plus-raadslid in Mosselbaai dien, tans as hoofsweep. As proporsionele raadslid het hy inwoners oor die groter Mosselbaai-gebied verteenwoordig. Hy is bekend vir sy etiese waardes, integriteit en doeltreffendheid en is sterk betrokke by kwessies rondom gemeenskapsveiligheid. Elroy is getroud met Lucinda en hulle het twee kinders.