Veronique Bremner is in Klerksdorp gebore en is sedert 2021 aktief by die VF Plus. Haar gemeenskapsbetrokkenheid sluit AfriForum, Solidariteit en vroeëre deelname aan Lions in. Sy werk in ontvangs en administrasie by ’n hardewarewinkel en is die hoofbestuurder se persoonlike assistent. Sy het ook ervaring in die gesondheids- en veiligheidsbedryf. Veronique is ’n eerstejaarstudent in finansies op NKR-vlak 6 en bring organisasievaardighede en kliëntediens na haar kandidatuur.