Freedom Front Plus
Search
Freedom Front Plus

VF Plus bekommerd oor lae vlak van suksesvolle vervolgings in plaasaanval-sake

Die VF Plus is bekommerd oor die lae vlak van suksesvolle vervolgings (30%), in sake wat met plaasaanvalle verband hou.

Die minister van polisie, Bheki Cele, het gister in antwoord op ‘n parlementêre vraag van die VF Plus in die Nasionale Raad van Provinsies (NRP), gesê dat slegs 632 verdagtes uit 1 904 suksesvol vervolg is vanaf 2013 tot 2018.

‘n Vervolgingskoers van 30% vir misdrywe wat ‘n wesenlike bedreiging vir die landbousektor en gevolglik ook voedselsekerheid vir die land inhou, is nie aanvaarbaar nie.

Die VF Plus het opnuut ‘n beroep op die owerhede gedoen om alles in hul vermoë te doen om hierdie euwel hok te slaan en landbougemeenskappe te beskerm.

 

 

SHARE THIS:

RELATED POSTS

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.