Freedom Front Plus
Search
Freedom Front Plus

VF Plus voer gesprek met burgemeester en sakelui na Hekpoort-onluste

Die VF Plus het ‘n gesprek tussen die burgemeester van die Mogale City-stadsraad in Gauteng en ‘n afvaardiging van sakelui gefasiliteer ná die verlies aan inkomste en skade aan infrastruktuur wat deur oproer op Hekpoort veroorsaak is.

Die sakelui het die burgemeester, Patrik Lipudi, gekritiseer omdat hy versuim om met grondeienaars en sakelui in gesprek te tree oor beoogde behuisingsprojekte op Hekpoort in gevolge Gauteng se “Rapid Land Release Plan”.

"Die ANC-beheerde raad het Woensdag op omstrede wyse besluit om buite die stadsraad se mandaat landbougrond na behuisingsgrond te hersoneer deur ‘n onvolledige- en feitlik foutiewe verslag aan die raad voor te hou," sê Jaco Mulder, VF Plus-leier in Gauteng

"Mogale City-stadsraad se jarelange versuim om behuisingsbeloftes na te kom, lei tot grootskaalse onstabiliteit in die Hekpoort-omgewing. Die VF Plus neem die voortou om die brandpunt te ontlont deur die gemeenskap op hul regte te wys en gesprekke met die stadsraad te fasiliteer.

"Sou die behuisingsprojek neerkom op die daarstelling van informele nedersettings sonder dienste, gaan die VF Plus en die sakegemeenskap van Hekpoort teen die raad optree. So sal die VF Plus aanhou terugslaan om die gemeenskap teen ANC-vergrype te beskerm," sê Mulder.

SHARE THIS:

RELATED POSTS

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.