fbpx
Freedom Front Plus
Search
Freedom Front Plus

Rand Wes-munisipaliteit pluk nou die wrange vrugte na hul R200 miljoen afskryf

Nog ‘n munisipaliteit aan die Gauteng se Wes-Rand is besig om in duie te stort nadat die Rand Wes-plaaslike munisipaliteit (Randfontein, Westonaria) sukkel om hul krediteure en derde-partye te betaal.

"Die VF Plus is van mening dat Eskom vroeg in die nuwe jaar druk op dié munisipaliteit gaan plaas om hul uitstaande rekening te vereffen. Tans skuld hulle die kragvoorsiener R133 miljoen en kon gedurende  September en Oktober nie hul verpligtinge nakom nie," sê Charles Brough, VF Plus-raadslid in die Rand Wes-plaaslike munisipaliteit.

Die munisipaliteit het tussen 8 en 14 November R35,9 miljoen aan Eskom betaal en ooreengekom om die res in paaiemente terug te betaal. Dié beloftes van die Rand Wes-munisipaliteit is nie volhoubaar nie. Inteendeel die skuldlas word daagliks groter.

Die munisipaliteit se openbare rekeningkomitee het in ‘n verslag aanbeveel dat ‘n bedrag van R262 miljoen as onreëlmatige uitgawes gedurende die 2016/17 boekjaar afskryf word. Hulle beveel verder aan dat die stadsraad R12,5 miljoen se omstrede uitgawes ondersoek en R427 000 van amptenare onder verdenking verhaal word.

Die openbare rekeningekomitee beveel ook aan dat kriminele klagte teen voormalige senior personeel van Westonaria ondersoek word rondom die Sakhingomso-transaksie.

"Dié munisipaliteit se finansiële situasie is so benard dat hulle sukkel om werknemers se mediesefonds- en pensioenfonds-bydraes te betaal.

"Die Rand Wes-munisipaliteit volg op die hakke van die Wes Rand-distrikmunisipaliteit wat vir drie maande reeds versuim het om personeel se mediesefonds- en pensioenfondsbydraes aan die diensverskaffers te betaal. ‘n Personeelstaking veroorsaak dat daar geen nooddienste aan die Wes-Rand gelewer word nie," sê Brough.

SHARE THIS:

RELATED POSTS

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.