Freedom Front Plus
Search
Freedom Front Plus

Tshwane-metro moet die Afrikaner se erfenis bewaar

Die VF Plus-jeug doen ‘n beroep op die Tshwane-metro asook die provinsiale departement van kuns en kultuur om die vier forte in Pretoria wat uit die Anglo-Boereoorlog-tydperk dateer, te restoureer en teen vandalisme te beskerm.

Jean Kriek, VF Plus-Jeugleier in gauteng sê twee van die vier geskiedkundige forte, Fort Daspoort en Fort Wonderboom, is so erg beskadig dat daar van dié onvervangbare Africana net ‘n murasie oor is.

"Die VF Plus-jeug gaan ‘n versoek tot die VF Plus-raadslede in Pretoria rig, wat deel is van die koalisieregering, om dringend hieraan aandag te gee," sê Kriek.

Die forte is kort na die Jameson-inval in Januarie 1896 opgerig in opdrag van die destydse Zuid-Afrikaanse Republiek.

Die bekende Fort Klapperkop en Fort Schanskop lê ten suide van Pretoria met Fort Wonderboom en Ford Daspoort onderskeidelik in die noorde en weste.

"Dit is die plig van stadsvaders om dié geskiedkundige geboue vir die nageslag te bewaar.

 

Interessante feite oor die onderskeie forte is:

 

 

 

SHARE THIS:

RELATED POSTS

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.