Die VF Plus in Midvaal is hewig ontsteld oor die omstrede goedkeuring van 34 sjebiens binne die Midvaal-munisipalegebied sonder dat daar aan die minimum statutêre vereistes, voorskrifte of regulasies voldoen is. Goedkeuring om handel te dryf is verleen sonder dat die eienaars daarvoor aansoek gedoen het.
Die Gautengse Drankraad het lisensies uitgereik wat by implikasie beteken Midvaal het goedkeuring verleen vir die verandering van die hersonering van gebruiksreg.
"Die VF Plus is die enigste party wie se amptelike beswaar teen dié werkswyse genotuleer is. Die DA beheerde Midvaal-stadsraad is nie bekend vir konsekwente beleidstoepassing nie en druis hierdie besluit volgens die VF Plus in teen goeie sakebeginsels en stadseplanningsetiket," sê Kobus Hoffman, VF Plus-onderleier in Gauteng en raadslid in Sedibeng-
"Die negatiewe impak van hierdie roekelose besluite op bestaande gelisensieërde drankwinkels en restaurante is enorm en word hierdie bestaande ondernemings van billike mededinging en ‘n volhoubare en winsgewende voortbestaan beroof.
"Hierdie omstrede werkswyse kom neer op politieke stemvee in ‘n voorverkiesingsjaar en laat verantwoordelike belastingbetalers weereens in die steek.
"Kiesers moet hierdie soort optrede straf by die stembus en vir die VF Plus stem wat hul belange sal beskerm en vooropstel," sê Hoffman.