fbpx
Freedom Front Plus
Search
Freedom Front Plus

VF Plus daag ANC uit om vyf Gauteng-burgemeesters te verwyder

Die VF Plus daag die ANC uit om van vyf ANC-burgemeesters in Gauteng ontslae te raak soos wat hul gedoen het met hul eweknieë in Noordwes wat verbind kan word met ongemagtigde beleggings in die VBS-bank en waar dienslewering totaal in duie gestort het.

"Die burgemeester van die Emfuleni-plaaslike munisipaliteit, Jacob Khawe, behoort onmiddelik uit die amp te bedank omdat hy gedurende Julie vanjaar reeds in ‘n voltydse amp as sekretaris van die ANC in Gauteng verkies is. Khawe oortree die etiese gedragskode vir raadslede deur meer as een voltydse betrekking te beklee terwyl die beleërde stadsraad reeds onder adminsitrasie is," sê Jaco Mulder, VF Plus-leier in Gauteng.

Mulder sê die burgemeester van die Wesrand-distriksmunisipaliteit, Boyce Maneli, behoort onmiddelik vervang te word omdat die munisipaliteit vir maande reeds nie sy finansiële verpligtinge kan nakom nie en dit gelei het tot die ineenstorting van nooddienste in al die dorpe aan die Gautengse Wesrand. Die munisipaliteit het ook ‘n onregmatige deposito by VBS-bank gemaak.

"Die Rand West-munisipaliteit is eweneens bankrot nadat R200 miljoen onlangs afgeskryf is. Die burgemeester van die munisipaliteit, Elias Khumalo, behoort eweneens vervang te word.

"Die burgemeester van die Mogale City-munisipaliteit, Patrick Lepudi, is in beheer van ‘n munisipalitet wat in stryd met die Suid-Afrikaanse grondwet sonder ‘n geproklameerde reglement van orde funksioneer nadat hy in 2017 onregmatig as voorsitter opgetree het tydens sy eie verkiesing as burgemeester.

"Die VF Plus daag die ANC in Gauteng uit om van hierdie vyf burgemeesters ontslae te raak in belang van effektiewe dienslewering.  Dit is egter te betwyfel of dit sal gebeur. Daarom moet kiesers eerder vir ‘n party soos die VF Plus stem wat hul belange en dienslewering eerste stel," sê Mulder.

SHARE THIS:

RELATED POSTS

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.