fbpx
Freedom Front Plus
Search
Freedom Front Plus

VOK-voorsitter moet antwoorde gee oor nog ‘n VS-eiendomskandaal

Die VF Plus het die voorsitter van die Openbare Rekeningekomitee in die Vrystaatse Wetgewer, Neels van Rooyen (LPW) versoek om die Vrystaatse Ontwikkelingskorporasie (VOK) se voorsitter, Hantsi Matseke, te vra om antwoorde te verskaf oor nog ‘n Vrystaatse eiendomskandaal.

Mediaberigte dui daarop dat geld van die VOK, ‘n staatsbeheerde entiteit, onreëlmatig in die sakke van ‘n sake-man van Parys beland het.

Dit is in openbare belang dat Matseke aan die komitee verduidelik waarom die VOK sedert 2016 nie meer die huur van ‘n studentebehuisingskema invorder nie en ‘n maatskappy, waarvan die direkteur glo noue bande met die uittredende Vrystaatse premier, Ace Magashule het, sedertdien voordeel trek uit die verhuring daarvan.

Die funksie van die VOK is om, in samewerking met die Vrystaatse regering, die ekonomie uit te bou met projekte wat werkskepping stimuleer en nie, soos die geval van die Estina Vrede-suiwelprojek was, om individue met politieke bande te bevoordeel nie.

Die berigte van die VOK se moontlike betrokkenheid by nog ‘n eiendomskandaal is egter geen verrassing vir die Vrystaat nie, aangesien daar ook die moontlikheid bestaan dat dieselfde korporasie betrokke was by ‘n eiendomstransaksie van R9 miljoen waarby Magashule se dogter glo baat gevind het.

Terwyl die Vrystaat sug van verligting oor die feit dat Magashule se nege jaar-termyn aan die einde van Maart tot ‘n einde kom, bly ongerymdhede met verskeie Vrystaatse regeringsprojekte steeds opduik.

Hierdie bewerings moet ondersoek word en die VF Plus sal wil toesien dat Matseke in haar hoedanigheid as voorsitter van die VOK verduidelik waarom ‘n sakeman baat vind by fondse wat vir die Vrystaat bedoel was.

 

Kontaknommer: 082 490 6663

 

 

SHARE THIS:

RELATED POSTS

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.