Freedom Front Plus
Search
Freedom Front Plus

VF Plus gryp in met riool-besoedelingsprobleem in Nylstroom

Die vervalle toestand van Nylstroom (Modimolle) en Mookgophong (Naboomspruit) se riool- en watersuiweringsaanleg en gevolglike besoedeling van die Nylrivier moet dringend aandag geniet en die probleem kan nie langer net voor die deur van die vorige ANC-bewind se onbevoegdheid en korrupsie geplaas word nie, al is dit feitlik korrek.

Die VF Plus, wat die Modimolle-Mookgophong-munisipaliteit in koalisie beheer met die DA, gaan daarom dringend ‘n gesprek aanvra met die burgemeester, me. Marlene van Staden van die DA, sodat daar onverwyld begin kan word met optrede om die probleem op te los.

Dit het nou aan die lig gekom dat ‘n bedrag van sowat R80 miljoen wat gebruik moes word om die aanleg op te gradeer verdwyn het, en ‘n forensiese ondersoek moet nou bepaal wat van die geld geword het.

Die probleem het mettertyd ontstaan deur ‘n jarelange gebrek aan onderhoud deur die vorige ANC-beheerde munisipaliteit met talle bewerings van korrupsie en onreëlmatige betalings aan diensverskaffers wat onderhoudswerk in die wiele gery het.

Die huidige krisis van rioolstorting in die Nylrivier is uiters kommerwekkend vir die gemeenskap en die boere wie se grond aan die rivier grens aangesien die besoedeling ‘n duidelike gesondheidsrisiko inhou en skadelik kan wees vir mens, dier en plant.

Die VF Plus se provinsiale leier in Limpopo, Marcelle Maritz, gaan die saak nou as prioriteit bespreek met die burgemeester en vra dat ‘n aksieplan so gou moontlik in belang van die inwoners in werking gestel word.

Kontaknommer: 078 617 8682

 

SHARE THIS:

RELATED POSTS

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.