fbpx
Freedom Front Plus
Search
Freedom Front Plus

Swak besluite van Lesedi-burgemeester verlam Heidelberg

Die burgemeester van die Lesedi-plaaslike munisipaliteit (Devon, Heidelberg, Nigel, Vischkuil), Lerato Maloka, se onvermoë om die stad te bestuur, het vandeesweek gelei tot miljoene rande se skade en ‘n dorp wat dae lank deur onluste lamgelê is.

Die weg is nou ook gebaan vir voortgesette nie-betaling nadat Maloka onder die druk van oproerige nie-betalers geswig het.

Moloka se aankondiging verlede week dat nie-gebruikers se dienste opgeskort gaan word, het inwoners van die Ratanda-woonbuurt sedert Maandagoggend in opstand. Die oproer het grootskaalse skade tot gevolg gehad waar selfs ‘n bekende inkopiesentrum langs die R54-pad (Vaaldampad) in puin gelê is.

Die oproeriges het gister verder gegaan en op die Heidelberg-sakesentrum toegeslaan waarna buitelanders wat sake hier bedryf inderhaas moes vlug. Hul ondernemings is geplunder en sowat ‘n honderd Indiër-sakemanne moes dringend uit die gebied verwyder word.

Maloka het Dinsdagaand vinnig van siening verander nadat stakers haar bedanking geëis het waarna sy toegestem het om voort te gaan met dienslewering. Intussen is die ekonomie van Heidelberg verlam en leerders kon eers vandag weer terugkeer skool toe.

Hierdie ruggraatlose optrede van die ANC-raad het weer liederlik gefaal en nou moet belastingbetalers opdok om infrastruktuur te herstel en om nie-betalers vir die afsienbare toekoms te dra.

Die VF Plus glo die inwoners van Lesedi verdien ‘n burgemeester wat onverskrokke staan en die gebied só bestuur sodat ekonomiese vooruitgang vir almal wat daar woon en werk, ‘n werklikheid word.

Kontaknommer: 072 547 0481

 

SHARE THIS:

RELATED POSTS

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.