Freedom Front Plus
Search
Freedom Front Plus

Nie wette nie, maar bevoegde regering en amptenare moet land se infrastruktuur beskerm

Die Wetsontwerp op die Beskerming van Kritieke Infrastruktuur, wat die ou Wet op Nasionale Sleutelpunte vervang, sal nutteloos wees solank ‘n onbevoegde regering en onbevoegde amptenare in beheer staan van Suid-Afrika se infrastruktuur.

‘n Voorbeeld is die rioolwerk van Sedibeng waar swak bestuur en onbevoegdheid die hele Vaalrivier besoedel. Die minister van water en sanitasie, Gugile Nkwinti, is nou van mening dat die probleem opgelos kan word indien die waterwerke ingevolge die nuwe wet tot kritiek-belangrike infrastruktuur verklaar word.

Dit sal egter nie help solank onbevoegde amptenare en swak bestuur van ‘n plaaslike regering veroorsaak dat infrastruktuur soos dié rioolwerk in duie stort nie.

Die nuwe wet behels sekuriteit vir die beskerming van belangrike infrastruktuur. In die geval van Sedibeng is die wesenlike gevaar nie dat dit gesaboteer sal word nie. Dit word swak bestuur deur onbevoegde amptenare en sodoende word ‘n bedreiging geskep vir Suid-Afrika se waterbronne en die natuur.

Die minister van water en sanitasie moet dus sorg dat sy departement behoorlik bestuur word. Die nuwe wet en die minister van polisie sal niks kan doen aan die wanbestuur van ‘n departement nie.

Wat die vorige Wet op Nasionale Sleutelpunte aanbetref word die verskoning gebruik dat daarmee weggedoen moet word aangesien dit kwansuis ‘n “apartheidswet” was. Tog is dit ironies dat dit juis die ANC-regering is wat die wet misbruik het deur inligting te weerhou van die publiek om die vorige president te beskerm tydens die Nkandla-sage.

In dié geval het die betrokke minister self besluit wat is ‘n nasionale sleutelpunt en wat nie. So het Nkandla gewissel van nasionale sleutelpunt die een dag tot nie ‘n nasionale sleutelpunt die volgende dag nie soos dit die ANC gepas het.

Dit het danksy die Right 2-Know-veldtog verander wat deur ‘n hofgeding die regering gedwing het om ‘n nuwe wet oor belangrike infrastruktuur daar te stel.

Die VF Plus steun die nuwe wet aangesien die minister van polisie nie meer arbitrêr besluite kan neem nie. Hy kan slegs optree in konsultasie met ‘n raad, bestaande uit agt amptenare van verskillende departemente en vyf lede van die publiek met sekerheidskennis.

 

Kontaknommers: 083 627 4397 / 065 801 7216

 

SHARE THIS:

RELATED POSTS

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.