Freedom Front Plus
Search
Freedom Front Plus

VF Plus gaan Valke-hoof vra waarom beweerde EFF/VBS-bedrog nie ondersoek word nie

Alle korrupsie moet ondersoek word, ongeag wie, of watter politieke party daarby betrokke is, en die VF Plus dring daarop aan dat die Valke sonder verwyl ondersoek instel na miljoene rande wat die EFF deur beweerde bedrog van VBS Mutual Bank bekom het.

Dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus, en lid van die parlementêre portefeuljekomitee oor polisie, sal die hoof van die Valke, genl. Godfrey Lebeya, om ‘n skriftelike verduideliking vra oor waarom die bewerings nie ondersoek word nie en waarom daar nie vordering gemaak word met die ondersoek indien daar wel een is nie.

Nuwe bewerings van die joernalistieke ondersoek-eenheid Scorpio dui daarop dat sowat R4 miljoen van die geld wat van VBS na die EFF gekanaliseer is, gebruik is vir die EFF se verjaardagvieringe in Julie 2017.

Adv. Terry Motau SC, namens die Reserwebank, het in Oktober verlede jaar ‘n verslag oor ongerymdhede by VBS uitgereik met die naam “The Great Bank Heist”.

In die verslag het hy aanbeveel dat vervolging teen verskeie mense ingestel moet word, onder wie mnr. Brian Shivambu, broer van mnr. Floyd Shivambu, hoofsweep van die EFF. Tot op hede het daar niks van gekom nie.

Die VF Plus dring daaraan aan dat die saak volledig en dringend ondersoek moet word. Die polisie en die nasionale vervolgingsgesag (NVG) het hierdeur die geleentheid om te wys dat politieke inmenging nie langer hul werk beïnvloed nie.

Kontaknommers: 083 627 4397 / 065 801 7216

SHARE THIS:

RELATED POSTS

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.