Faksiegevegte binne die ANC in die Noordwes-provinsie het ‘n verwoestende effek op gemeenskappe en hou negatiewe gevolge in vir veiligheid, infrastruktuur, ekonomiese ontwikkeling en maatskaplike welstand.
Die vraag wat na vore kom is of dr. Job Mokgoro, nuutverkose premier van Noordwes, se onlangs-aangekondigde uitvoerende raad ANC-binnegevegte in toom kan hou, en of gaan hy toelaat dat dit die provinsie verder negatief beïnvloed.
Dr. Mokgoro het duidelik ‘n balans probeer handhaaf met die aanwysing van die nuwe uitvoerende raad. Met dié poging vervang hy ook van voormalige premier Supra Mahumapelo se bondgenote, alhoewel minstens een van die LUR’e duidelik nog in die Mahumapelo-kamp is.
Die VF Plus wens dr. Mokgoro en die uitvoerende raad sterkte toe met die werk wat voorlê, maar kan hom terselfdertyd verseker dat die party sake in Noordwes fyn sal dophou.
Daar kan nie toegelaat word dat dienslewering en die ekonomie in dié streek verder ly onder wanbestuur, korrupsie en afbrekende ANC-binnegevegte nie. Dit is ook belangrik dat wedersydse respek sal bydra tot beter debatvoering en probleemoplossing binne Noordwes se provinsiale wetgewer.
Kontaknommers: 082 529 3001 / 082 645 0537