Die VF Plus in Noordwes verwelkom die aankondiging dat departementele ouditverslae voortaan deel sal vorm van senior bestuurders se prestasie-beoordeling in dié provinsie.
Dit is vandeesweek aangekondig tydens die begrotingsdebat van die provinsiale tesourie in Noordwes. Die uitslae van die onderskeie departemente en staatsentiteite se jaarlikse ouditverslae sal deel vorm van die prestasiebeoordeling.
Die VF Plus sien dit as ‘n stap in die regte rigting aangesien dit verantwoordbaarheid aan die hand sal werk en die vaardighede van amptenare in al die departemente sal opskerp.
Veral die vaardigheidstekorte in die provinsiale tesourie hou ‘n groot bedreiging in vir die funksionering van die provisie. Tesourie het ‘n sleutelrol om onder meer voldoende inkomste vir noodsaaklike dienslewering op plaaslike vlak te verseker.
Kontaknommer: 082 529 3001