fbpx
Freedom Front Plus
Search
Freedom Front Plus

Begrotingsposdebat in Noordwes-wetgewer: Sport, kuns en kultuur – Sport, kuns en kultuur moet ook wedersydse respek bevorder

Sport, kuns en kultuur moet wedersydse respek tussen mense bevorder en dit is die taak van hierdie departement van Noordwes se provinsiale regering om toe te sien dat dit gebeur.

Wedersydse respek en verdraagsaamheid moet die fondament vorm vir die uitbou van Suid-Afrika se onderskeie kulture. Suid Afrikaanse gemeenskappe moet mekaar die ruimte gun om sy verskeidenheid en rykdom van kulture onbevange uit te leef.

Die VF Plus vind dit egter kommerwekkend dat 90% van die departement se begroting aan salarisse bestee word. Dit spreek vanself dat daar nie genoeg geld oorbly vir die departement om sy mandaat sinvol uit te voer nie.

Dit kom daarop neer dat die departement bloot optree as werkverskaffer terwyl daar feitlik niks gedoen word om sport, kuns en kultuur te bevorder nie.

Kontaknommer: 082 645 0573

 

SHARE THIS:

RELATED POSTS

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.