fbpx
Freedom Front Plus
Search
Freedom Front Plus

Herroeping van sewe Noordwes-burgemeesters dien as bewys van ‘n verrotte ANC-regering

Die VF Plus neem kennis van die herroeping van sewe burgemeesters in die Noordwes-provinsie deur die ANC, maar is nie oortuig dat dit die grootskaalse korrupsie en diensleweringsprobleme in die provinsie sal aanspreek nie.

Die oorsaak van die probleme in Noordwes se munisipaliteite is nie slegs te wyte aan skelm en onbevoegde ampsbekleërs nie, maar aan die ANC self.

Die herroeping van die burgemeesters van die Kagisano-Molopo-, Mamusa- en Maquassi Hills-munisipaliteite, asook die van munisipaliteite wat by die VBS-skandaal betrek word, naamlik Madibeng-, Moretele-, Mahikeng- en die Dr Ruth Segomotsi Mompati-munisipaliteite, deur die ANC is te min te laat.

Die regerende party wil roem daarop dat hulle ten gunste van goeie dienslewering en die bekamping van korrupsie is deur hierdie burgemeesters te herroep en te vervang. Die ANC het egter die probleem in die eerste plek veroorsaak. Korrupsie, wanbestuur en swak leierskap is kenmerkend van die ANC-regering. Hierdie herroeping is dus nie ‘n prestasie nie, maar ‘n skande.

Kiesers moet die ANC by die stembus tot verantwoording roep.

Die storie van die ANC is nie een van goeie, verantwoordbare regering nie, maar mislukking op mislukking waarvoor belastingbetalers herhaaldelik moet opdok.

Dit is tyd vir ‘n verantwoordbare veelparty-regering, waarin die VF Plus ‘n waardevolle rol sal vertolk.

Die VF Plus slaan terug teen korrupsie en swak dienslewering in Noordwes.

 

Kontaknommer: 079 409 8342

SHARE THIS:

RELATED POSTS

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.