fbpx
Freedom Front Plus
Search
Freedom Front Plus

Eksplorasie: Meer gevare as moontlikhede vir die Vrystaat

Die VF Plus is besorg oor die moontlikheid dat eksplorasie vir petroleum in die Vrystaat meer gevare as moontlikhede inhou. Die openbare deelname-proses om eksplorasie in die Vrystaat goed te keur, was tot dusver nie voldoende nie.

Aansoekers kon ook nie tydens ‘n openbare deelname-vergadering die gerusstelling gee dat die beplande eksplorasie nie tot nadeel van die omgewing sal wees nie.

Die VF Plus is bekommerd dat die implementeringsagent, SLR Consulting, nie oop kaarte speel oor die proses nie. Die moontlikheid kan nie uitgesluit word dat die uiteindelike doel van die aansoek is om wel met boorwerk te begin nie.

Rhino Oil, wat die aansoek om eksplorasie ingedien het, asook SLR, kon nie tydens die vergadering die versekering gee dat watergehalte in die provinsie se hoof-opvangebied en die land se derde grootste dam, die Sterkfonteindam, nie deur die eksplorasie gekontamineer sal word nie.

Op ‘n vraag van die VF Plus oor die moontlike negatiewe impak op die omgewing, kon Rhino Oil ook nie bevredigende antwoorde verskaf nie.

Die aansoek om eksplorasie in die provinsie sal ‘n impak op die land se brood- en vleismandjie hê en daarom is dit belangrik dat die proses uiters deursigtig moet wees. Spesifieke rolspelers en geaffekteerde partye moet in die proses geken word.

Dit gebeur egter nie. Kennisgewings van vergaderings met gemeenskappe is nie effektief nie. Dit skep die indruk dat daar gepoog word om die proses sonder openbare deelname af te handel en die aansoek goed te keur.

Die VF Plus sal enige volhoubare ekonomiese inspuiting en belegging in die Vrystaat steun, maar kan nie toelaat dat dit ten koste van die omgewing en tot nadeel van ons mense is nie.

Die Vrystaat is reeds ‘n waterskaars-provinsie. Veilige waterbronne gaan toenemend onder druk geplaas word weens die ANC se wanbestuur van riviere en damme.

Bykomende besoedeling weens eksplorasie kan nie toegelaat word indien die aansoekende maatskappy nie die versekering kan gee dat die provinsie se hulpbronne nie geraak sal word nie.

As ‘n geregistreerde geaffekteerde-party sal die VF Plus aanhou om die proses te moniteer en in belang van ons inwoners terug te slaan teen projekte wat uiteindelik die provinsie gaan benadeel.

 

Kontaknommer: 083 743 2042

 

SHARE THIS:

RELATED POSTS

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.