Freedom Front Plus
Search
Freedom Front Plus

Emfuleni-munisipaliteit se aangepaste begroting steeds onrealisties

Die Emfuleni-stadsraad (Evaton, Sebokeng, Vaal Oewer, Vanderbijlpark, Vereeniging) moes dringende wysigings aanbring om die 2018/19-begroting te kon afhandel.

Die stadsraad het hul begrote inkomste van R6.2 miljard na R5.7 miljard verminder en die begrote uitgawes van R5.8 miljard na R5.4 miljard gesny. Die geskatte invorderingskoers en gepaardgaande inkomste is egter vergeleke met die werklike syfers van die vorige finansiële jaar, steeds onrealisties.

Emfuleni se geweldige hoë uitstaande debiteure en agterstallige skuld aan Eskom en ander krediteure kniehalter die finansiële volhoubaarheid van die munisipaliteit. Dit word nie deur hierdie begroting aangespreek nie.

Die begroting spreek ook nie verval van infrastruktuur aan nie. Tans is rioolpompe buitewerking en gereelde instandhouding word nie gedoen nie. Riool vloei dus vrylik in die Vaalrivier in.

Die volgende tariefverhogings is goedgekeur:
Erfbelasting – 6.1%
Elektrisiteit – 6.84%
Water – 12.2%
Sanitasie – 12.2%
Vullisverwydering – 8%

Hierdie buitensporige en onbillike verhogings gaan lei tot minder inwoners wat vir hul munisipale dienste kan betaal. Die finansiële krisis van die munisipaliteit sal nie deur hierdie verhogings opgelos word nie. Beter finansiële bestuur en ‘n verantwoordbare regering is die enigste oplossing.

Kontaknommer: 076 616 2124

SHARE THIS:

RELATED POSTS

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.