Weens die voortslepende probleme in Noordwes se openbare gesondheidsdiens, asook die feit dat dié provinsie se gesondheidsbegroting nêrens gemotiveer word of spesifieke prestasiedoelwitte gestel word nie, kan die VF Plus dit nie steun nie.
Een voorbeeld van die probleme is dat minder as die helfte van die 126 ambulanse in Noordwes tans operasioneel is. Staatshospitale is ‘n nagmerrie en word gekenmerk deur algemene verwaarlosing en ‘n gebrek aan belang in die welsyn van pasiënte.
Die tekort aan gekwalifiseerde en effektiewe bestuurspersoneel op alle vlakke speel ‘n groot rol in die agteruitgang. Regstellende Aksie (RA) verdryf kundige mense uit die gesondheidstelsel en vervreem minderhede in die proses.
Dit is jammer én ‘n groot verlies aangesien dit professionele mense is wat hul roeping wil uitleef om die mense in die provinsie te dien.
Kontaknommer: 082 645 0537