fbpx
Freedom Front Plus
Search
Freedom Front Plus

VF Plus verwelkom ondersoek van Midvaal-korrupsie

Die VF Plus verwelkom die ondersoek na TW (Thom) Peeters, adjunkhoof van korporatiewe dienste van die Midvaal-munisipaliteit.

Die VF Plus het reeds in 2009 verskeie mediaverklarings uitgereik met betrekking tot ‘n wye verskeidenheid ongerymdhede in Midvaal wat deur fluitjieblasers aangemeld is. Op aandrang van die VF Plus is ondersoeke geloods deur die Openbare Beskermer (OB) en later ook deur die Spesiale Ondersoek-eenheid (SOE).

Die SOE het in verskeie vorderingsverslae aan die parlement en aan die kantoor van die president die spesifieke onderwerp van werkverkoping (jobs for cash) as ‘n groot probleem beskryf en het dit as ‘n fokusarea van hul ondersoek uitgelig.

"Die topstruktuur van die DA in Midvaal – dit sluit in die munisipale bestuurder, sy adjunk en departementshoofde – was ten alle tye bewus van die ondersoek en die bevindinge daarvan," sê Kobus Hoffman, VF Plus–raadslid in die Sedibeng-distriksmunisipaliteit.

"Dit is betreurenswaardig dat die DA ontslae geraak het van al die fluitjieblasers binne die raad wat gehelp het om die ongerymdhede aan die lig te bring.

"Die VF Plus sal onverpoosd bly terugslaan teen hierdie soort ongerymdhede. Die party is daar as waghond en sal seker maak dat stadsrade en politieke partye verantwoordbaar gehou word," sê Hoffman.

 

SHARE THIS:

RELATED POSTS

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.