fbpx
Freedom Front Plus
Search
Freedom Front Plus

VF Plus-koalisie in Tshwane verbind tot langtermyn stabiliteit

Die aankondiging dat die Tshwane-metroraad die nasionale tesourie om finansiële advies genader het om so ‘n omkeerplan in plek te stel, is deel van die koalisieregering se toekomsplanne om volhoubare stabiliteit in die metro te verseker, sê Awie Erasmus, VF Plus-raadslid en voorsitter van die openbare rekeningekomitee van die Tshwane-metroraad.

Erasmus sê mediaberigte hieroor kan maklik verkeerd geïnterpreteer word indien dit nie binne die regte konteks verstaan word nie.

“Die feit van die saak is dat die koalisieregering ‘n wanbestuurde stadsraad van die ANC geërf het. Die skade wat aan die stad se finansies gedoen is, kan nie in een jaar uitgewis word nie. Daar was R2 miljard se ongemagtigde uitgawes in die 2015/16-finansiële jaar terwyl die ANC aan die stuur van sake was.

 “Die koalisieregering het reeds geweldig baie gedoen om die stad se finansies te stabiliseer deur byvoorbeeld ‘n R2 miljard tekort na ‘n surplus om te swaai.

“Nasionale tesourie is genader om te help met die ontwikkeling van 'n holistiese langtermyn finansiële plan. Die nasionale tesourie beskik oor diensverskaffers wat geweldige waarde tot die plan kan voeg en die geleentheid moet dus ten volle benut word.

“Berigte wat daarop dui dat die stad op soek is na ‘n ‘reddingsboei’ vanaf tesourie, is nie die geval nie. Die koalisieregering is eerder pro-aktief en daartoe verbind om finansiële stabiliteit vir die toekoms te bewerkstelling,” sê Erasmus.

SHARE THIS:

RELATED POSTS

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.