Die leier van die VF Plus, dr. Pieter Groenewald, is Saterdag op Geloftedag die spreker by die Dewetsdrift-Geloftefees.
Die verrigtinge begin reeds om 9:30.
Die terrein is in die Vredefort-koepel sowat 7 kilometer vanaf Scandinaviadrift aan die Vrystaat-kant.
Besoek gerus die Facebookblad: Dewetsdrift Geloftefees besonderhede.
Die diens tydens die fees sal gelei word deur ds. Peet Crous.
Dr. Groenewald sal onder meer praat oor versoening en wat dit beteken vir die verskillende volke en kultuurgroepe in Suid-Afrika, asook oor die betekenis van die Gelofte vir Afrikaners.