2017 snel tot ‘n einde met talle Suid-Afrikaners wat die komende naweek na hulle vakansiebestemmings reis. Padveiligheid en veiligheid gedurende die komende feesseisoen is vir almal belangrik en ER 24 stel die volgende veiligheidswenke voor om te verseker dat jy en jou gesin ‘n veilige Desember-vakansie kan geniet.
Padveiligheid
• Maak seker dat jou voertuig padwaardig is en dat jou voertuig genoeg vloeistof het (water, remme en enjinolie) Gaan alle ligte (rem-, flikker- en nood-) na en kyk of jou voertuig se ruitveërs in ‘n werkende toestand is. Kyk ook na die loopvlakke en drukking van al die voertuig se bande (insluitend die noodwiel).
• Maak seker dat jou voertuig ‘n noodwiel en noodhulpbenodigdhede het.
• Dit is altyd ‘n goeie idee om jou roete te beplan. Weet waar die vulstasies, polisiestasies en hospitale in die onderskeie dorpe of stede is.
• Hou ‘n lys van kontakpersone en hulle besonderhede byderhand. Nooddienspersoneel sal dit nodig hê in ‘n noodgeval.
• Maak seker dat kinders behoorlik in die voertuig vasgegordel is. Maak gebruik van sitplekgordels (waar beskikbaar) en maak seker dat gordels behoorlik vas is.
• Moenie onder die invloed van alkohol bestuur nie.
• Dra 'n sonbril gedurende die dag, maar moenie dit in die nag dra wanner jy bestuur nie. Hoewel dit glans van aankomende voertuie verminder, maak dit minder minder voorwerpe onsigbaar.
• Rus genoeg voor jy reis. Trek gereeld af om moegheid op die pad te verminder.
• Vermy padwoede. Indien iemand jou irriteer, hou jou afstand en ignoreer hulle.
• Wees altyd op die uitkyk vir gevaarlike situasies en handhaaf die spoedbeperking op paaie.
Waterveiligheid
•Moenie kinders sonder toesig laat swem nie.
• Moenie te diep in die see swem nie en swem slegs waar lewensredders toesig hou.
• Moenie alleen swem nie.
• Moenie induik waar die diepte van water nie bekend is nie.
Wat doen ek as iemand verdrink?
• Stel onmiddellik ‘n lewensredder in kennis. Jou eie veiligheid is ewe belangrik en dra ‘n lewensbaadjie.
• Daar is gevalle waar ‘n persoon kan voorkom of hy/sy reg is, maar die moontlikheid bestaan dat vog later in die longe kan kom.
Kinders
• Leer jou kinders wat om te doen in die geval van ‘n noodgeval en ongeluk.
• Hulle moet ook weet wie om te kontak (ER24 se 24-uur nommer is 084 124).
Wat doen ek in die geval van ‘n ongeluk?
• Stop dadelik.
• Probeer vasstel of iemand beserings opgedoen het.
• Ruil besonderhede (naam en van, adres, registrasie, ens.) met die bestuurder van die ander voertuig of voertuie. Hou altyd ‘n pen en notaboeke byderhand.
• Indien daar beserings opgedoen is, moenie die voertuie beweeg nie. Skakel nooddienste (ER 24 se nommer: 084 124) en die polisie. Voertuie mag net geskuif word indien ‘n verkeersbeampte dit toelaat.
• Moenie alkohol of enige dwelms of pille neem voordat die voorval by die polisie aangemeld word nie.
• Maak seker dat jy die datum en tyd van die ongeluk, asook die besonderhede van die voorval aanteken.
Die VF Plus wens almal ‘n veilige feestyd toe en kom veilig tuis.